Hier sit ek met soveel angs wat kom en ook opgewondenheid oor watse nuwe draaie daar gaan wees. Ek het die blog opgestel met die gedagte om als net uit te pen en mense se opinies te kry maar ek moet my eie opinies vorm deur ander se opinies. Ek gee nie meer regtig om wat die ander dink, sĂȘ of fluister agter `n bak hand nie, dis my siening van myself wat tel.
Ek het vandag besef ek het die balk in my eie ook vasgevat, nie noodwendig enige vordering om hom uit te kry nie maar die ding is ek het hom nou met albei hande beet. Dis nogal `n snaakse gevoel want ek is ook nou nie `n brein 'surgeon' nie so my hande bewe, wat dinge nogal eina maak. Dit raak darem makliker en nou en dan probeer ek hom so stuk stuk uit trek, maar dis `n stadige en delikate proses. Ek moes hom alwee bietjie terug druk want dis waar hy gemaklik is maar dis okay.
Ek het hom vas met albei hande.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment