Thursday, December 18, 2008

Belewenis

Ek het vandag besef hoe mens se lewe klaar beplan is , jy moet dit net uitleef. Ek het goeie vriende, goeie ouers wat net die nodige hoeveelheid my irriteer en verder hoop ek om rigting te kry vir `n verandering, dis nou in terme van watse werk ek gaan doen. Ek weet dit is alreeds vir my geskryf in potlood maar ek moet dit netjies oorgaan in pen. My pen kleur moet ek nog besluit en die skrif sal seker wissel van geskribbel in gedeeltes waar ek nie wil hê mense moet dit lees nie, en dan natuurlik my kus skrif wat mens gewoontlik uithaal as jy `n liefdes brief vir die perfekte meisie skryf of daai skrif wat ky op `n aansoekvorm invul sodat daar geen onduidelikhede is nie.

Die laaste vier jaar het ek baie geskribbel en in `n reënboog van kleure. Ek het nou die kleur gevind vir my, ek altyd geweet ek hou van oranje en moes net die perfekte skakering vind. Ek het geleer myself lief kry. Dit was moeilik omdat ek my eie identiteit heelwat bevraagteken het. Ek het geweet wie ek is maar die vraag van: "Is dit regtig ekke?", het altyd opgekom.

Ek was van die 26ste November tot die 12 Desember 2008 op my lewensveranderende ekspedisie Swaziland, Bulembu toe. Dit saam met min of meer 350 ander jongmense. Ek weet nie werklik hoekom dit my lewe so geruk het nie maar dit het en ek kan nie meer die lewe onthou voor ek die een ontdek het nie. `n Groot gedeelte hou nog vas aan al die emosies van die vorige lewe maar ek tel net weer my kop op en fokus op die hier en die nou.

Ek voel ek is een van die min mense wat kan sê ek is gelukkig of laat ek dit so stel ek is op die pad na geluk, wel dit voel so.

Ek sit net nou deesdae en sien die seer om my en weet nie hoe om dit vir ander weg te vat nie, wel ek glo eintlik dat ek nie kan nie, maar wat kan ek doen. Op die oomblik voel dit net goed om te wees.
Te wees wie ek is, wie ek wil wees en soos wie ander my sien. Dit verander nie my lewens kleur nie, net die manier waarop ek inkleur...



Die gemeenskap van Bulembu