Ek het vandag besef hoe mens se lewe klaar beplan is , jy moet dit net uitleef. Ek het goeie vriende, goeie ouers wat net die nodige hoeveelheid my irriteer en verder hoop ek om rigting te kry vir `n verandering, dis nou in terme van watse werk ek gaan doen. Ek weet dit is alreeds vir my geskryf in potlood maar ek moet dit netjies oorgaan in pen. My pen kleur moet ek nog besluit en die skrif sal seker wissel van geskribbel in gedeeltes waar ek nie wil hê mense moet dit lees nie, en dan natuurlik my kus skrif wat mens gewoontlik uithaal as jy `n liefdes brief vir die perfekte meisie skryf of daai skrif wat ky op `n aansoekvorm invul sodat daar geen onduidelikhede is nie.
Die laaste vier jaar het ek baie geskribbel en in `n reënboog van kleure. Ek het nou die kleur gevind vir my, ek altyd geweet ek hou van oranje en moes net die perfekte skakering vind. Ek het geleer myself lief kry. Dit was moeilik omdat ek my eie identiteit heelwat bevraagteken het. Ek het geweet wie ek is maar die vraag van: "Is dit regtig ekke?", het altyd opgekom.
Ek was van die 26ste November tot die 12 Desember 2008 op my lewensveranderende ekspedisie Swaziland, Bulembu toe. Dit saam met min of meer 350 ander jongmense. Ek weet nie werklik hoekom dit my lewe so geruk het nie maar dit het en ek kan nie meer die lewe onthou voor ek die een ontdek het nie. `n Groot gedeelte hou nog vas aan al die emosies van die vorige lewe maar ek tel net weer my kop op en fokus op die hier en die nou.
Ek voel ek is een van die min mense wat kan sê ek is gelukkig of laat ek dit so stel ek is op die pad na geluk, wel dit voel so.
Ek sit net nou deesdae en sien die seer om my en weet nie hoe om dit vir ander weg te vat nie, wel ek glo eintlik dat ek nie kan nie, maar wat kan ek doen. Op die oomblik voel dit net goed om te wees.
Te wees wie ek is, wie ek wil wees en soos wie ander my sien. Dit verander nie my lewens kleur nie, net die manier waarop ek inkleur...
Die gemeenskap van Bulembu
Thursday, December 18, 2008
Sunday, November 23, 2008
Die begin...
Ek is `n 22 jarige jong ou wat ‘open-minded’ is oor almal se idees en stories. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek weet op watter grond ek staan, maar hou daarvan om by ander mense te leer en opinies van alle kante te kan hoor. Die blog is vir enige een om nader te staan met sy glas in sy hand en soos `n kuier om die vuur jou opinies en menings oor als wat op kom te gee. Jy moet weet wat in jou glas is en as dinge goed gaan kan jy vir my ingooi dat ek proe. Ons gaan gesels oor geloof, kultuur, sake van die hart en so meer. Ek is geinteresseerd in hoe mense dink en hoe verskillende mense dinge sien. Wel staan nader en gesels saam...met jou glas in jou hand.
Subscribe to:
Posts (Atom)